Nat kloeks (Afrikaans poem)

Op koue winters dag
sit kleine hoenders en wag;
vir die reën om op te hou.
Jy moet onthou,
Dis `n koue winters dag.

Met klouende nat vere
en tone wat bewe,
sit Pik en Skrik en wag.

Hulle bly sit
Skrik se vere raak stadig wit
Soos water by hom afloop.
Hulle sit vir mooi weer en hoop.
Selfs al is die deur wawyd oop.

Net vir `n tennisbal sal hulle kom.
Want altyd jaag hulle hom.

In die huis in;
Bons bons bons
Pak-ke-pêk-ploek
In die huis sit warm kloek.

Bergstroom

Bergstroom

Tussen die rotse op die berg borrel die water uit,

en vorm ‘n stroom waarlangs die bergvoëls fluit.

En saam met die voëls se gesing

kom ‘n vrolike lied wat die kabbelende waters bring.

 

Klotsend vloei dit teen die berghang af;

oor die klippe

om ‘n duisend knikke

teen ‘n rustige tog wakker draf.

 

Van die water kom ‘n fluister lied

soos dit vloei oor klip, deur riet.

Dit is soete klanke wat dié stroompie maak;

musiek so reg na my smaak.


Somer Voëls

Somer Voëls

Somer bring die sonskyn

en met dit al die voëltjies fyn.

 

Vink sit en dink aan die hoenders se kos,

hulle eet mos nou ‘n druiwetros.

 

Tortelduif sit en rek sy grote lyf;

hy’s nou daar

en eet eers klaar

die hoenders moet maar wag.

 

Witogie sit in die buddlejabos

hy sit en kou aan sy vrugtekos.

 

Tussen die riete staan klein sysie

hy sing sy kleurvolle vrolike wysie.

 

Hoepoe staan en rek sy kuif,

voor hom staan ‘n grote duif.

 

Hadeda het hoogte vrees,

hy skree sy stem heeltemal hees.

 

Windswael moet sy perd nou saal,

voor die winter op hom neerdaal.


Pikkewyn

Pikkewyn

Pikkewyn kom uit die suide,

met sy harde blaf geluide.

Hy kou gulsig aan `n grote vis,

Vir hom `n heerlike smaaklike dis.

Die pikkewyn maak `n visserman se gemoed vreeslik swaar

hy spring hier eet daar en swem alles deurmekaar.

Woedend jaag hulle hom uit die pad:

Vir hulself wil hulle al die visse vat.

maar wanneer hy vir pikkewyn in die water gewaar

weet die wyse ou visserman;

Dié voël is te rats,

vanaand is hier niks te vang.